Zuid Africa bij
 
Surinamerica

Home          Hyperlink          Hyperlink             Hyperlink            Hyperlink           Hyperlink

Happy to have you here
     

Zuid Afrika

 

 
 

Start
Literatuur
Poezie
Ston oso
Zuid Africa
Fotogalerie
Odo uku

 

 

ARIKAANS HOORT BY NEDERLANDS

Petrus van Eeden - die skrywer (39082 bytes)

deur Petrus van Eeden

Bygewerk op 29 September 2003

Boekewêreld het in 1998 hierdie boek aangewys as van die beste leesstof in Afrikaans.

U vind hier Žn kleine samevatting van Žn boek oor ons moedertaal. Die titel daarvan is Afrikaans hoort by Nederlands. Die tradisionele opvattinge oor die herkoms van die Afrikaanse kultuurtaal word hier in 'n ander lig beskou. Afrikaans is geen mengeling van Žn aantal tale nie, maar gewoon vereenvoudigde Nederlands. Die Afrikaanse kultuurtaal het nie tot stand gekom vanweë die sogenaamde ontstane kloof tussen die Afrikaanse omgangstaal en die Nederlandse kultuurtaal nie, maar om nie-talige redes. Afrikaans staan immers digterby Standaardnederlands dan sommige Vlaamse- en Nederlandse dialekte. Bekyk dit maar!

Tot en met 1925 was die omgangstaal van die Afrikaner Afrikaans en sy kultuurtaal Nederlands. Sodanige harmonieuse taalverhouding (tussen dialek en kultuurtaal) bestaan immers vandag nog in lande soos België, Luxemburg, Oostenryk, Switserland, ens. Trouens sodanige taalverhouding bestaan in haas alle taalgebiede. Waarom wou die Afrikaner hierdie eeue oue harmonieuse taalverhouding beëindig? Klik hier en lees verder.

Eens het die Afrikaner sy taal- en kulturele voeding gekry vanuit die Dietse lande, wat vandag vir hom vreemde lande geword het, wat kultuur en taal betref. Nederland en Vlaandere ken hy nie meer nie. Vandag kyk die Afrikaner vir sy taal- en kultuurvoeding op na Londen en haar dogters. Die Afrikaner se gewoontes en gebruike is vandag Žn afspiegeling van die Engelse manier van doen. Žn Kultuurverskuiwing gaan Žn taalverskuiwing vooraf, of loop daarmee gepaard. As die kultuur van die teikengroep oorgeneem is, is die oorname van die teikentaal haas onkeerbaar. Klik hier en lees nog.

Vele tale in die wêreld het uitgesterf. Vele gaan nog uitsterf. Hoe kan dit gekeer word? Žn Taal se toekoms is verseker by die toepassing van die gebiedsbeginsel ten opsigte van meertaligheid. Klik hier en lees nog.

Twee taalbewegings het klinkende suksesse behaal, naamlik die Vlaamse- en Quebekse bewegings. Ons kan ook hul wenresep beproef as ons erns het met die behoud van ons taal. Klik hier en lees verder.

 U het klaar gelees en wil graag bepaalde argumente ter diskussie stel, of gewoon die nuwe gasteboek bekyk of aantekeninge daarin maak. Klik dan hier!

U wil graag die vorige gasteboek bekyk Klik dan hier

U wil graag die boek bestel. Dit kan!

 

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

Start • Literatuur • Poezie • Ston oso • Zuid Africa • Fotogalerie • Odo uku